Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Suksesvolle sentrum help werkloses

Suksesvolle sentrum help werkloses
 
2008-09-25

Johan Nel

DIE afgelope tien jaar het die Wamakersvallei-opleidingsentrum van Wellington 3332 werklose Bolanders suksesvol opgelei en gesorg dat elkeen van hierdie studente vandag in ’n vaste betrekking staan.

Dié sentrum, wat tien jaar gelede onder leiding van suster Irene de Waal op Wellington tot stand gekom het, lei studente in tuisversorging, kinderversorging en die bestuur van huishoudings op.

“Daar is ’n groot vraag na studente wat die kursusse van die sentrum suksesvol voltooi. Van hulle word na afloop van die kursusse uitgeplaas na gastehuise, bejaardesorg-sentrums, hospitale en na bejaardes wat alleen woon,” sê De Waal.

Die volgende kursusse begin weer op 6 Oktober en die inname van studente begin reeds op 29 September. Navrae van so ver as Johannesburg is al ontvang.

Belangstellendes kan vanaf 29 September 012-873-5942 skakel.

Die sentrum word gehuisves in hul eie gebou op Wellington en die bestuur van die sentrum help studente wat van elders kom om huisvesting naby die sentrum te kry.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za