Larries blink uit
2008-09-25
NA afloop van die Paarlvallei Eisteddfod het die Hoër Meisieskool La Rochelle weereens bewys dat hulle ’n skool van kulturele uitnemendheid is. Die uiters suksesvolle aanbieding van High School Musical vroeër die jaar is opgevolg deur uitstekende uitslae. Daar is meer as 150 sertifikate toegeken in die sang-, blokfluit-, klassieke ghitaar-, houtblaas, koperblaas-, klavier-, koor- en strykafdelings van die Eisteddfod. Voeg daarby sertifikate vir ballet en voordrag in Afrikaans en Engels, dan kan La Rochelle met reg trots wees op die veelsydigheid van die leerders. La Rochelle spog met 16 bekerwenners in die verskeie afdelings X 3 vir sang, 3 vir blokfluit, 3 vir klavier, 4 vir ballet en een elk vir Afrikaans- en Engels-voordrag, asook die trofee vir die beste Kamerkoor.
More
News
|