DIE mense wat so emigreer of praat van emigreer, maak my naar en moet my laat weet dat ek hulle kan kom help inpak, want ’n mens wat nie lojaliteit teenoor sy Vaderland het nie, moet regtig maar waai!
In hierdie wonderlike land van ons moet ons saamstaan en saamtrek sodat ons die land tot sy volle potensiaal kan ontwikkeling!
Die mense kla in elk geval met die wit brood onder die arm - kyk ’n bietjie rondom jou hoe lekker leef die meeste mense hier!
So baie mense van oorsee het al vir my gevra of ek weet dat ons in die mooiste land in die wêreld bly!
Gisteraand weer gesien die Burgers se plek in Wellington (op ‘Top Billing’) - sjoe, wat ’n fees vir die oog!
Ek bly net hier - hierdie is my geboorteland en ek gaan nêrens heen nie! Laetitia Kotzé