Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waarheen op pad met hierdie pryse?

Waarheen op pad met hierdie pryse?
 
2008-09-25


EK wil graag vir die winkels hier in die Paarl vra – waarheen is julle op pad met die pryse en waarom sulke groot verskille?

Ek loop nog die naweek van 30 Augustus in ’n supermark in vir ’n vinnige paar goedjies. Ek sien toevallig dat Handy Andy by hulle R9,99 is. Toe ek op 1 September in ’n groter winkel instap, kos daardie selfde Handy Andy R14,99. Dit is ’n verskil van R5,00. Dieselfde met Clover se ses-pak melk, die een vra R47,99 en die ander R61,99.

Ek is in die gelukkige posisie dat ek ’n motor het en kan ry tussen die winkels op soek na “bargains” maar wat doen die arme siele wat geen ander opsie het nie?

My hart gaan uit na almal wat hard werk vir so ’n klein loon. Ek hoop die mense wat hulle personeel so laat swaar kry en so min betaal om hulle eie sakke te vul, net vir een dag in hulle lewens in dieselfde posisie is.

PE Smook




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za