Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat 'n jammerte dat dié diens nou gestaak word

Wat 'n jammerte dat dié diens nou gestaak word
 
2008-09-25


DIE ander dag durf ek die pad aan met my motor vanaf Paarl- Oos na Paarl Mall.

Omdat die finansies maar bietjie knyp, gaan doen ek my inkopies op my kaartrekening by Dis-chem in die Mall.

Nadat ek die noodsaaklike produkte, medikasie en heelwat luukse produkte wat ek benodig, geneem het, beweeg ek na die betaalpunt.

So met die betaalslag verneem ek by die kassier dat die kaartkliënte slegs tot die einde September nog op dié rekening kan koop en dan sal al die rekeninge gesluit word.

Diep geskok en teleurgesteld besef ek as middelklaskliënt dat ek nie meer soos in die verlede my inkopies by Dis-chem sal kan doen nie.

Dié rekening was al rede hoekom ek sowat drie keer per maand so ver, as ek die petrolprys in ag neem, na die Mall gery het.

Ek het ook een keer per maand my en my ma se medikasie op voorskrif op my mediese fonds by die apteek afgehaal.

Soos in die verlede staan en dink ek dat alles maar sy voor- en nadele het.

Die voordeel vir my, dat ek dalk nou minder skuld sal maak en dat ek dan glad nie meer so ver hoef te ry om my medikasie af te haal nie, maar sommer weer by een van die apteke in die middedorp sal kan gaan afhaal.

Die nadeel is dat Dis-chem een van sy lojale kliënte sal verloor.

As ’n kliënt dink ek dat Dis­chem sy eerste groot fout begaan het om sy tak in die middedorp toe te maak, sonder waarskuwing, omdat die meerderheid van die ou kliënte nie vervoer het om tot by die Mall te gaan nie.

Sy tweede fout sal wees om sy rekeninge te sluit.

Elmarie Isaacs

Nico de Wit reageer: Dis-chem, met ons lae pryse, het met die kaartstelsel beoog om ’n manier te vind om die pryse laag te hou en ook kredietterme te verskaf.

Een van SA se groot bankgroepe het Dis-chem aanvaar as een van hulle privaatetiket-kaarte.

Dis-chem het nou tot hul skok besef dat hierdie bank al hul privaatkaarte gestop het (insluitende Dis- chem se rekeningkaart).

Die bank gaan vir al die privaatkaarthouers deur middel van ’n brief in kennis stel dat die stelsel gestaak is.

Aangaande die afstandkwessie, wil ek u net herinner dat Dis-chem nog steeds gratis aflewerings in die Paarl aanbied.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za