Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemeenskap neem besit van woonbuurt

Gemeenskap neem besit van woonbuurt
 
2008-09-25


’n DROOM is besig om gestalte aan te neem in New Orleans, met die bou van ’n nuwe jeugsentrum.

“Die gemeenskap moet hul jong kinders terug wen. Baie mense ontdek te laat dat hul kinders in verkeerde omstandighede vasgevang is,” sê Bjorgan Morrie.

“Ons moet voorkomend optree en vir die jeug, veral skoolgaande kinders, iets beter gee wat hulle kan help om weg te bly van die gevare van die lewe.

“Jongmense van alle kulture en gelowe, sal by hierdie sentrum baat vind. Die sentrum sal gebruik word om berading te gee aan ons jeug.

“Dit sal ook ’n plek wees waar kinders hulle kan kom geniet deur met mekaar te gesels, videospeletjies te speel en besig te bly. Daar sal ook seminare aangebied word om jongmense te help met probleme waarmee hulle daagliks te kampe het.

“Ons hoofdoel is om jongmense leiding te gee om gerespekteerde Suid-Afrika landsburgers te word.”

’n Inligtingsvergadering word op 11 Oktober om 10:00 by The Gathering Wholeness Centre te New Orleanslaan 35 gehou.

Enigeen wat graag ’n donasie soos geld of boumateriaal wil bydra, kan vir Morrie kontak by 021-862-1237 of 082-453-3172.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za