Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimnaste beleef droomjaar

Gimnaste beleef droomjaar
 
2008-09-25


WELLINGTON GIMNASTIEKKLUB het vanjaar, met altesaam vyftien gimnaste wat Bolandkleure verwerf het, ’n baie suksesvolle jaar beleef.

Die klub het een artistiese gimnas in Jaco Beukes, twee tuimel- en trampoliengimnaste in Nicole Stroebel en Lize Mari Sills, en 12 trampolien-gimnaste wat almal vanjaar Boland-kleure verwerf het.

In die Wes-Kaapse proewe het dié gimnaste ses medaljes teruggebring (drie brons, een silwer en twee goue medaljes). In die vloer-item het Jamie Flowers en Jaymien Steyn albei goud ingepalm. Steyn het ook ’n silwer medalje in die trampolien-item verower. Mignon King en Nicole Boucher het brons medaljes in die vloer-item behaal, met Stacey Paulse wat brons in die trampolien-item verower het. Hilde Smit en Ewan-Nize Gerber het albei die SA-span gehaal.

Stacey, Hilde, Ewan-Nize, Jaymien, Lize Mari en Nicole neem binnekort deel aan die SA’s in Bellville.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za