Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitspraak teen Kilotreads in Hooggeregshof

Uitspraak teen Kilotreads in Hooggeregshof
 
2008-09-25


Die R40 miljoen voertuigbande-kontrak vir die Stad Kaapstad is neusie verby vir Kilotreads, ’n groot bande-onderneming in Paarl. Kilotreads mag ook nie weer vir dié kontrak tender nie.

Regters Willem Louw en Jimmy Yekiso van die Kaapse Hooggeregshof het verlede week in ’n hofuitspraak gesê dat Themba Tyres, ’n frontmaatskappy vir Kilotreads, se tender in die eerste plek nie aan die voorskrifte voldoen het nie.

Hulle het ook bevind dat Kaapstad strydig met wetgewing asook hul eie beleid en prosedure opgetree het deur aan Themba Tyres punte vir swart ekonomiese bemagtiging te gee.

Die kontrak is ter syde gestel en die Stad Kaapstad is beveel om die oorblywende tenderaansoeke weer te oorweeg.

Die regters het ook gesê dit was duidelik dat Themba Tyres nie ’n swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappy was nie. Frans West (68), een van Kilotreads Paarl se werkers, en Kilotreads direkteur Giepie Brandt se vrou, Hendrina Brandt, is as direkteure van Themba Tyres aangestel.

West was vir die agelope 42 jaar ’n algemene werker en drywer in diens van Kilotreads. Hy het wel sy direkteurskap by Themba Tyres bevestig.

“Themba Tyres was nie ’n onafhanklike onderneming nie en is beheer deur twee van Kilotreads se direkteure, Southey Grobbelaar en tot ’n mindere mate Gideon Brandt,” het die regters gesê.

Die Stad Kaapstad is ook beveel om regskoste te betaal vir uitstelle wat deur hul nalatigheid meegebring is.

Kilotreads en Themba Tyres sal nie weer kan tender nie nadat hul kontrak op 30 September verstryk.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za