Young Stars troef Lions
2008-09-25
YOUNG STARS RUGBYKLUB het Saterdag, in ’n ligawedstryd, vir Young Lions met 26-0 geklop. Die wedstryd is gekenmerk aan harde, konstruktiewe spel aan beide kante. Die argitek in Stars se span was Francois de Klerk wat deurgaans met slim, taktiese spel vorendag gekom het. De Klerk het welverdiend die toekenning vir speler van die wedstryd ontvang. Stars het egter eers die oorhand in die tweede helfte begin kry met drieë deur Jonathan Skippers, Jerome Adonis, Abraham van Rooyen en Anthony Lakay. Young Stars se B-span het ’n oorwinning van 43-7 behaal.
More
News
|