Temperance behaal skitter-sege
2008-09-25
TYDENS ’n Top 12 rugbywedstryd tussen Temperance van Gouda en die Dorings van Malmesbury, was daar Saterdag min te kies tussen die twee spanne, met eersgenoemde wat uiteindelik met 56-38 baas was. Die Dorings het binne die eerste twaalf minute twee drieë gaan druk om met 12-0 voor te loop. Temperance het egter vinnig teruggeslaan met twee drieë van hul eie. Die manne het gaan water drink met die telling op 24- 31. Temperance se losskakel het vroeg in die tweede helfte ’n skepdoel behaal, maar die Dorings het hierop gereageer met nog ’n vyfpunter. Met slegs vyftien minute se speeltyd oor het Temperance se agtal beheer oor die wedstryd begin verkry. Met Alwyn Pieters aan die voorpunt het Temperance se agterlyn gedomineer en vier skitterende drieë gaan druk om die wedstryd te beklink. Temperance se speler van die wedstryd, Herschelle Human, het gewys dat dinamiet waarlik in klein pakkies voorkom deur ’n stervertoning op losskakel te lewer. Vir die wenspan het H... Human (twee drieë), C Herbert (twee drieë), J Hendricks, E Jones, J Davids en R Davids almal drieë gedruk.
More
News
|