Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples kry die ‘Blues’

Young Peoples kry die ‘Blues’
 
2008-09-25


DIE jaarlikse derby-wedstryd tussen Young Peoples en Laer Paarl (Blues) vind Saterdag plaas op Daljosafat-stadion, met die juniors wat om 09:00 afskop.

Peoples het die afgelope seisoen vriend en vyand verras deur baie kompeterend in die Superliga B-kompetisie van WP mee te ding. Hiermee het hulle ook talle doemprofete verkeerd bewys deur wéér volgende jaar in die kompetisie te speel.

In teenstelling hiermee het Laer Paarl nie so ’n goeie seisoen in die plaaslike streekkompetisie ervaar nie.

Met die trots en tradisie wat gepaard gaan met dié derby-wedstryd sal die speelveld op Daljosafat egter gelyk wees.

Die derby getuig van die goeie rugbyverhouding wat oor die jare tussen Laer Paarl en Young Peoples bestaan en die rugby sal gespeel word in goeie gees en met groot pret wat daarmee gepaard gaan.

Verlede jaar het Young Peoples naelskraap met 17-16 geseëvier. Vanjaar sal Blues graag die bordjies wil verhang.

Die verrigtinge skop af met die o.12’s om 09:00. Om 10:00 meet die o.14’s kragte en om 11:00 sal die o.16’s in aksie wees.

Om 12:00 vind die derde spanne se wedstryd plaas, gevolg deur die o.20’s om 13:00. Die tweede spanne speel om 14:00 waarna die vrou-spanne hul stemme, om 15:00, gaan dik maak.

Die veterane speel om 15:30, waarna die groot kanonne, die eerste spanne, in die hoofwedstryd in aksie gaan wees.

Ná afloop van die wedstryde word ’n prysuitdeling en disko onder die pawiljoen gehou teen R10.

Laer Paarl begin reeds Vrydagaand hul gees bou te New Orleans sportgronde met ’n steak platter teen R40. Alle lede en oud- lede is welkom.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za