Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Dyk bring goud huis toe

Van Dyk bring goud huis toe
 
2008-09-25

Jaco van Wyk

MET sy vyfde probeerslag om goud te verwerf by die Paralimpiese Spele is Ernst van Dyk se droom uiteindelik verwesenlik tydens vanjaar se skouspel in Beijing.

Na sestien jaar se harde werk tel Van Dyk se naam uiteindelik onder die goue medaljewenners nadat hy die eerste plek beklee het in die handfietspadren tydens ’n spele wat hy beskou as sy “beste spele nóg”.

Van Dyk, een van die wêreld se beste rolstoelrenjaers, het boonop ook ’n brons medalje tydens die spele verower in die mansmarathon T54-item.

Op 35-jarige ouderdom het Van Dyk reeds koning gekraai in al wat ’n rolstoel-marathon is - soos die Boston Marathon (sewe keer), die Los Angeles marathon, die New York City marathon en die Parys marathon (onder vele andere).

’n Goue medalje by die Paralimpiese Spele is egter die een prys wat Van Dyk nog altyd ontwyk het - tot op 14 September.

Die Paarliet het voor die spele begin het reeds sy hoop op ’n goue medalje in die handfietspadren gevestig aangesien dié item se roete heelwat hellings het - een van Van Dyk se sterk punte.

“’n Tyd gelede het ek gekyk na die handfietsren se roete, die marathonroete, asook na my teenstanders by die spele,” het Van Dyk gesê.

“Ek het besef dat die marathon meestal op ’n gelykpad sal wees. Vir my om op 35-jarige ouderdom vir ’n goue medalje suksesvol te naelren teen die jong ryers in die marathon, is baie onwaarskynlik.

“Dus was dit, met die hellings op die handfietspadren ’n logiese besluit op watter item ek by die spele sou konsentreer.”

Volgens Van Dyk was die 50km padren beslis ’n strawwe uitdaging.

“Twee dae voor die padren was ek nie honderd persent nie en het ek dalk my liggaam te hard tydens die wedren gedruk.”

“Ek kon dit gedurende die wedren duidelik aan my liggaam voel.

“Ek het egter deurgedruk en uiteindelik die goue medalje gekry waarvoor ek na die spele gekom het.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za