Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones het laaste sê in fees-derby

Riverstones het laaste sê in fees-derby
 
2008-09-25

Jaco van Wyk

RIVERSTONES het Saterdag Violets se 105ste verjaardagvieringe ietwat bederf toe hulle Violets se eerste rugbyspan 18-7 geklop het op Daljosafat-stadion.

Die derby, wat slegs elke vyf jaar aangebied word en vanjaar op ’n pragtige sonskyndag beslis was, was egter in ’n goeie gees gespeel.

Die verrigtinge het begin ritme kry met die vlotte en trompoppies wat hul weg na die veld gevind het, vanaf Klein Drakensteinweg.

Die wedstryde het om 09:30 afgeskop toe die o.12’s mekaar die stryd aangesê het.

Riverstones se jonges het met 28-7 geseëvier.

Hierna het Violets se o.14’s sake weer gelyk gemaak deur hul teenstanders met 0-3 te klop.

Riverstones het met 24-0 koning gekraai in die o.16 sewe-aan-’n-kant wedstryd, waarna die klub se derde span ’n 17-10 oorwinning oor Violets se derde span behaal het.

Teen middagete het Violets se vroue-span gewys dat hulle ook weet hoe om te pass, tackle en score toe hulle Riverstones se vroue met 12-0 verslaan het.

Hierna het die veterane hul rugbystewels afgestof met Riverstones wat 10-5 gewen het.

Riverstones se tweedes het voortgebou op hul klub se goeie vertonings op die dag deur hul eweknieë met 6-0 te klop.

Hierna het die klubs se Ou Kroks self besluit om die roes af te skud.

In ’n wedstryd, waar daar min te kies was tussen die twee spanne, het die manne gewys dat oud nie noodwendig koud beteken nie.

Daar was uiteindelik min tussen dié twee spanne te kies en hulle het uiteindelik met 0-0 gelykop gespeel.

Riverstones se eerste span het die kroon gespan op ’n baie suksesvolle dag toe hulle vir vuurwerke gesorg het deur Violets se eerste span met 18-7 te klop in die hoofwedstryd.

Die fees-derby was voorafgegaan met ’n diens in die AME kerk in Bougaardstraat




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za