Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Insleep kos byna bakkie

Insleep kos byna bakkie
 
2005-07-21


‘n INWONER van Klapmuts wat meer as twee jaar lank sonder wiele was, het uiteindelik sy bakkie teruggekry wat op die perseel van Boland Towing gestaan het.

Volgens Freddie Beukes het hy in Desember 2002 sy bakkie laat insleep deur Boland Towing, nadat die agterwiel afgeval het. Die onderneming het aangedui dat die koste slegs R200 sou wees.

Volgens Beukes het hy nie dadelik die kontant gehad nie, maar toe hy drie maande later by Boland Towing aangekom het, is hy ingelig dat die bedrag, saam met stoorkoste, R9000 beloop.

"Dit was buitensporig en ek het probeer onderhandel, maar mnr Jacques Terblanche het geweier om enige afslag te gee, selfs nadat ek prokureursbriewe gestuur het om dit te versoek.

"Later het hy my gedagvaar en gedreig om my bakkie te verkoop, en was op die punt om ‘n hofbevel vir beslaglegging op die bakkie te kry, toe ek op regsadvies die oorspronklike insleepkoste van R200 wat verskuldig was, betaal het.”

Volgens Terblanche het Beukes vir twee jaar glad nie op telefoonoproepe en korrespondensie gereageer nie, totdat hy gedagvaar is.

“Ons het geregistreerde briewe wat teruggestuur is, baljuverslae wat sê dat hy nie by sy woonadres bly nie, asook opspoorders se verslae wat dieselfde sê,” sê Terblanche.

Na vele onderhandelinge het Boland Towing op 3 Julie uiteindelik laat weet dat Beukes sy bakkie kon gaan haal.

"Toe ek op 6 Junie met ‘n ander insleepfirma se voertuig daar aankom om die bakkie van die perseel te verwyder, wou hulle my nie inlaat nie.

‘’Ek moes deur sy prokureur uiteindelik dreig met ‘n klag van diefstal voordat Boland Towing die voertuig buite die hek gelaat het - sonder nommerplaat of lisensieskyfie," kla Beukes.

* A Paarl man nearly lost his vehicle when he could not afford the storage fees charged by a towing company.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za