EK was Vrydagaand by Nataniël se vertoning in die Paarl Polisiekollege Ouditorium. Die vertoning het 19:00 begin, en ek en my man was al 18:40 daar - meer as betyds.
Nataniël was soos altyd, baie stiptelik, en op die kop 19:00 het hy op die verhoog gestap en begin sing.
Na die eerste liedjie het hy ’n storie vertel, en toe weer gesing.
Tot en met die derde item het mense steeds in die paadjies op en af gestap, op soek na hul sitplekke.
Die man wat langs my gesit het, het dieselfde as ons gevoel, en het later gevra waarom die deure nie net gesluit word vir laatkommers nie. Ek voel dis uiters swak maniere!
En vir die kunstenaar, voel ek dis ’n klap in die gesig as ’n mens nie betyds daar kan wees om sy vertoning te geniet nie!
Stiptelik