Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verneukspul met Barney

Verneukspul met Barney
 
2008-10-02


OP Sondag 28 September het ek my kinders na die Kinderteater by die Cultivariafees geneem. Net om uit te vind dat daar geen Barney optree nie.

Hoe verduidelik ’n mens vir kinders tussen 3 en 7 jaar oud dat dit ’n Barney-vertoning sonder Barney is. Boonop was die personeel nie opgelei om met kinders te werk nie. Terwyl die produksies aan die gang was, kon die kinders drie jaar en jonger nie met die legkaarte en blokkies speel nie. Sommige van die produksies was 20 jaar oud en was nog nooit aangepas nie.

My dogtertjie verstaan Afrikaans, maar ek moes telkens woorde uit die ou dae verduidelik. Vir hierdie verneukspul kon hulle darem meer byderwetse produksies vertoon het.

Die laaste drie weke het my kinders al die slapies afgetel tot Barney optree - watter teleurstelling!

Geluk aan LiquiFruit en Cultivaria - ek het so pas R100 weggegooi!

Samantha Titus

Gerhard Meyer, feesdirekteur, reageer:

Op geen stadium is geadverteer dat Barney optree nie - nie op enige program wat by die ingang na die kinderteater opgesit is nie, op die web of in die tydskrif wat die detail van die kindervertonings aandui nie.

Per dag verskyn daar geen verwysing na so ‘n vertoning nie.

Ek weet nie waar die indruk geskep is dat daar sulke optredes plaasvind nie.

Liqui­Fruit se kindersappe wat op die winkelrakke verkoop word, is Barney-sap­pe en dus is dit die handelsmerk wat hul die kinderteater noem.

Die R50 wat ’n kind per dag betaal het om al die vertonings asook die swaaie en treintjies te ry, onbeperk, met die oppasdiens sou ek reken is eintlik uitstekende waarde vir geld.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za