Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moeg vir veroordeling deur agterblyers

Moeg vir veroordeling deur agterblyers
 
2008-10-02


EK reageer graag op Laetitia Kotzé se brief “Moet ons bly of waai”.

Weet jy, Laetitia, niemand het jou gevra om die land te verlaat of om daar te bly nie. Dis ’n vrye keuse wat jy uitoefen.

Elke mens bly of gly om verskillende redes en ons moet net leer om mekaar se keuses te respekteer.

Al wat ek jou kan sê is dat mens baie “guts” het as jy besluit om jou land te verlaat. Die meeste van ons het nie net een oggend besluit om op te pak nie.

Ons het baie tyd op ons knieë deurgebring om hierdie besluit te neem.

Weet jy wat maak my naar? Mense wat ons veroordeel! Kom probeer dit en dan praat ons weer.

Geniet die wonderlike land (en ek bedoel dit nie sarkasties nie).

Ons geniet ons lewe ook en doen maar net wat ons voorvaders baie jare gelede gedoen het – soek ’n beter toekoms vir ons kinders.

Auckland groete

GG




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za