Leerders op die planke
2008-10-02
May Saal
DIE Break A Leg Dramaskool in Wellington het onlangs hul afsluiting vir die jaar gehou met sang, dans en drama. Sophia Passerini, hoof van die skool, vertel dat lede volgende jaar ’n Kunstefeestoer na Montagu en na die Wêreld Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Braamfontein gaan onderneem. Passerini is self ’n akteur en het onder andere die rol gespeel as Truia in Faan se Trein wat in die Staatsteater in Pretoria opgevoer is. Sy het drama studeer by Maties en het uitgebreide ondervinding as dosent/opleier in drama, stemafrigting, skryf van tekste, regie en ook publisiteit. Sophia sê sy gaan die getal leerders beperk, aangesien dit baie belangrik is vir haar om persoonlike aandag aan die studente te gee. Sy sê dat leerders van graad een tot 12 welkom is om aan te sluit by die dramaskool. Belangstellendes kan haar skakel by 072-954-7214 tot einde Oktober om in te skryf vir volgende jaar.
More
News
|