Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pret vir die hele gesin

Pret vir die hele gesin
 
2008-10-02


SATERDAG 18 Oktober van 09:00 gaan die Simond Fees by die Bien Donné plaas in Simondium gehou word en almal sal die pret kan geniet tot laatmiddag.

Hierdie is ’n geleentheid waar die hele gesin ’n heerlike dag van pret kan hê in ’n veilige omgewing.

’n Baie interessante deel van die fees hierdie jaar is die opstel van ’n Guinness Wêreldrekord vir die meeste mense op een terrein wat tegelyk die piñata-speletjie speel.

Die piñata is ’n papier-machefiguur (gewoonlik helder geverf) en gevul met lekkers of speelgoed wat opgehang word. Die speler word dan geblinddoek en slaan dan die piñata totdat die verrassings uitval.

Skole word uitgenooi om mee te ding vir die groot prys van skryfbehoeftes ter waarde van R10 000 aan die skool met die meeste leerlinge wat inskryf.

Daar sal ook verskeie skryfbehoeftepryse toegeken word aan die mees oorspronklike piñatas wat ingeskryf is.

Om 08:00 begin die junior bergfietsresies van 10km en ’n pretdraf van 6km met pryse vir die eerste drie plekke.

Vir meer inligting en inskrywingvorms oor hierdie twee spesifieke items, besoek www.simond.co.za of skakel Gabrie Marais by 082­774-8326 (junior bergfietsresies) of Niel Bester by 021-874-1488 (pretdraf).

Musiekvermaak vir die dag sal voorsien word deur die “Centre Stage Singing Extravaganza” met nege kunstenaars wat bekende liedjies van nou sowel as ’n paar vergete treffers sal sing.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za