Sakekamer vergader
2008-10-02
Die volgende ledevergadering van die Paarl Sakekamer vind op Dinsdag 14 Oktober om 19:00 by die Historium van die Afrikaanse Taalmuseum te Pastorielaan 11 plaas. Die spreker is Garth Adams van Paarl Waterfront Development. Hy gaan die Waterfront-ontwikkeling en voordele wat dit vir Paarl mag inhou, bespreek. Belangstellendes moet voor 10 Oktober met Elma Brand by 021-863-0397 of paarlsakekamer@definitelydifferent.co.za skakel. Die toegang vir lede is gratis.
More
News
|