Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skape loop deur onder honde

Skape loop deur onder honde
 
2008-10-02


’n BOERVROU van Wellington is raad-op met onwettige inwoners op haar plaas in Agter-Groenberg.

Maar wat die situasie nou verder versuur, is die verskyning van ’n veroordeelde moordenaar, wat bykans 24 honde aanhou.

En hierdie honde smul nou tog te lekker aan haar skape.

Marietjie Verhagen het vier jaar gelede die plaas, Limietrivier, geërf, toe haar pa, Jan Orffer, oorlede is.

Sedertdien het Marietjie daarna gestreef om hierdie vrugbare familieplaas in ’n winsgewende besigheid te omskep, nie net vir haar eie gesin nie, maar vir die nageslag ook.

Maar talle struikelblokke staan in haar pad.

Daar is elf arbeidershuise op haar grond, maar slegs drie mense wat hier woon, werk op die plaas. Die res bly sonder verlof daar en beskadig die huise.

En nou het die seun van ’n afgetrede plaaswerker sy verskyning gemaak, saam met sy ganse familie, asook ’n trop honde.

Alhoewel Abraham Claassen (39) sy honde in ’n tuisgemaakte hok aanhou, breek hulle dikwels los en vat die pad.

Verlede week alleen het Marietjie twee skape verloor aan die kake van hierdie honde. Nog een het die aanval wel oorleef, maar al word hy met antibiotika behandel, betwyfel Marietjie of hy sal oorleef.

“My pa het jare gelede al vir Claassen van die plaas belet. Hy was intussen in die tronk en nou is hy weer op my plaas, en dit saam met so ’n spul honde.”

“Ek is ’n veeboer en kan nie bekostig om rondloperhonde op my plaas te hê nie. As honde eers een skaap byt, sal hulle dit nooit afleer nie.”

Marietjie het die hulp van die Wellington DBV ingeroep, maar hulle was net bereid om ontwurmingsmiddels in te gee.

’n Woordvoerder van die DBV Christene van Wyk, het gesê dat hulle volgens wet slegs kan optree as die honde erg verwaarloos is.

Die polisie het verlede week vir Claassen ’n skriftelike waarskuwing gegee dat hy binne 14 dae die plaas moet verlaat.

Marietjie is ook in die proses om ’n klag van saakbeskadiging te lê teen Claassen vir die verlies van haar skape.

Verlede jaar het ’n boer van dieselfde omgewing meer as 100 lammers verloor, toe rondloophonde op sy plaas gejag het.

* The dogs of an illegal resident on a farm near Wellington have been killing sheep.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za