MIV/Vigs bewusmaking-veldtog
2008-10-02
DIE ACVV Noorder-Paarl hou ’n MIV/Vigs bewusmakingsdag Saterdag om 14:00 by die Huguenot gemeenskapsaal in die Paarl. Daar sal dans, drama en sang wees deur plaaslike talent en ds Du Toit van die Vigs Buro in Wellington sal as spreker optree. Die idee is hoofsaaklik om daardie negatiewe stigma wat aan MIV/Vigs gekoppel is ’n positiewe beeld te gee en die slagoffers daarvan ook ten volle hulle burgerskap en regte laat geniet. Vir meer besonderhede, skakel Andrew Delport by 021-8723485/7.
More
News
|