Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl bars uit sy nate met fees

Paarl bars uit sy nate met fees
 
2008-10-02


DIE Paarl was blink geverf die afgelope naweek met die sang, musiek en pret wat gepaard gegaan het met die derde Cultivariafees wat deur meer as 10 000 mense bygewoon is.

Die fees het Donderdagaand afgeskop met die tradisionele langtafel in Paarl Hoofstraat, waar byna 1000 gaste gesmul het aan geregte wat voorberei is deur van dié gebied se top sjefs. Ten spyte van die ysige koue, was die aand ’n groot sukses.

Die Paarl is vir die duur van die naweek binnegeval deur kunsvrate wat die wye verskeidenheid teaterproduksies en musiekoptredes wou bywoon.

Die bywoningsyfer het met sowat 17% toegeneem teenoor verlede jaar, met meer as 30 000 kaartjies wat verkoop is.

Ook die weer het saamgespeel, met sonnige weer oor die naweek. Van Vrydag tot Sondag was die kostent by die Faurestraat- stadion gepak met feesgangers wat daar gekuier het tot laat en na orkesmusiek geluister het.

Sowat 10 500 mense het daar ingeloer oor die drie dae wat die fees geduur het (sowat 3500 mense per dag), ’n toename van 19% teenoor verlede jaar.

Die kinderteater by La Rochelle Koshuis het 918 kinders gelok (sowat 300 per dag, teenoor 183 per dag verlede jaar). Dit is ’n toename van 67%.

By die meeste vertonings het dit klopdisselboom gegaan, met staande toejuiging vir kunstenaars soos Cutt-Glass, Chris Chameleon, Frank Opperman (Wyk 14) en Tydloos (met sangers Rina Hugo, Jannie Moolman, André Schwartz en Arina de Witt) asook Paarl Pops (met sangers Brandon October, Kevin Leo & the Voices, Jamali, Andriette Norman en Charlene Truter).

Laasgenoemde konsert is egter nie baie goed bygewoon nie, vermoedelik omdat die ligging daarvan onlangs verander het.

Daar was wel ontevredenheid omdat die konsert van Chris Chameleon laat begin het weens klankprobleme, wat die volgen- de konsert van Juanita du Plessis ook vertraag het.

SMS-kommentaar was in die algemeen positief en daar was hoë lof vir die kwaliteit van die opvoerings, asook die die Emporium-tent, wat vanjaar vir die eerste keer spog met ’n demonstrasiekombuis vir kokke.

Die bekende orkes McCully’s Workshop se vertoning Vrydagaand in die tent het ook groot byval gevind en daar was skaars plek vir ’n muis.

Die hoeveelheid stalletjies het ook aansienlik toegeneem met heelwat snuisterye om in te snuffel.

Die hoof-kunsuitstalling in die indrukwekkende KWV Katedraalkelder asook by ander ateljees het ook heelwat aftrek gekry.

By die langtafeldinee waarvoor byna 1000 aangesit het, is R50 000 gebie vir die feeskunswerk van Theo Paul Vorster, en R40 000 vir die aandrokke van Kobus Dippenaar wat vertoon is deur vroue in die wynbedryf. Die fondse is ten bate van ’n student in die hospitaliteitsbedryf.

Volgens feesdirekteur Gerhard Meyer gaan die fees voortbou op sy wenresep wat die klem lê op kuns en leefstyl. “Die kosdemonstrasies was gewild en ons gaan dit uitbrei. Die fees het verreweg die meeste groei getoonvan alle kunsfeeste die afgelope jaar.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za