Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Natter as nat

Natter as nat
 
2008-10-02

Lise Beyers

MET die hoogste reënval in menseheugenis vir die maand van September, raak boere bekommerd oor die vrugte-oes.

Teen Dinsdag is altesame 181 mm reën vir hierdie maand gemeet - vier keer meer as die gemiddelde reënval vir September.

En daar het tot dusver byna 100mm meer reën vanjaar geval as tydens die hele 2007.

Die laaste keer wat soveel reën gemeet is ashierdie maand in die Paarlvallei, was in September 1946 (215 mm).

Carl Opperman, voorsitter van Agri Wes-Kaap, het gesê dat alhoewel daar nooit gekla kan word oor reën nie, is daar wel boere wat geraak word hierdeur.

“Veral sagtevrugteboere begin angstig raak. Die koue hou die bye weg, wat hierdie tyd van die jaar bedrywig moet wees met bestuiwing.

“Die koring is later as gewoonlik en kom stadiger op, maar dit behoort wel ’n goeie oes te lewer.

“Die wêreld is baie nat en boere sukkel om binne hul landerye te kom, dus staan hul werk dikwels stil.

“Hierdie winter is beslis een en ’n half maande langer as gewoonlik, en ons gaan dit beslis begin voel.”

Ook stokkiesboere van Wellington sukkel om binne hul landerye te kom om te plant.

Alles staan sedert die begin van September gereed om in die grond in te gaan, maar weens die koue, nat weer, kon daar nog nie geplant word nie. In die langtermyn, kan dit ’n tekort aan wingerdstokkies beteken vir volgende jaar.

Dieselfde geld vir die druiwebedryf, want wingerde bot ook heelwat later as gewoonlik.

Ander besighede wat die reën werklik voel, is die boubedryf. Talle projekte is nou maande agter skedule weens die voortdurende nat weer.

Maar, oor die langtermyn, is hierdie seisoen se reëns baie goed. Die watertafel styg en die damme is almal vol, ook dié bo-op Paarlberg.

Goeie nuus is wel in sig met warmer weer wat voorspel word, wat die gebied sal begin opdroog. Hoewel nog reën in Oktober verwag word, sal dit nie op die skaal wees wat in September beleef is nie.

* September has produced the highest rainfall since 1946.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za