Sangers en dansers gesoek vir fees van ligte
2008-10-02
DIE Drakensteinse Liggiesfeeste vind vanjaar plaas op 28 November in Wellington, 5 en 6 Desember in die Paarl, 12 Desember in Saron en 13 Desember in Gouda. Talentvolle sangers en dansers in die Drakensteingebied word genooi om ’n oudisie af te lê vir optrede by die fees. Oudisies vind op 18 Oktober in die Frank Pietersen Musieksentrum se saal in Sanddrifstraat (langs Nooder-Paarl Sekondêr) plaas. Aansoeke vir oudisies sluit op Vrydag 10 Oktober. Vir meer inligting, skakel Michelle Pietersen by 073-487-1152 of stuur ’n e-pos na yazerievents@gmail.com.
More
News
|