Prinses Jana en Tante Spinasie
2008-10-02
DIE kinderproduksie, Prinses Jana en Tante Spinasie, is te sien by die Ou Meulteater Saterdag 11:30.
Prinses Jana, die klein prinsessie wat so lief is vir televisie-kyk, is weer terug in haar nuwe avontuur.
Hierdie keer word al die televisie-programme gesteel en Prinses Jana moet gaan ondersoek instel.
So ontmoet sy die grillerige Tante Spinasie wat haar eie cooking show het, maar al die disse word van grasgroen spinasie gemaak.
Is dit dalk Tante Spinasie wat die televisieprogramme gesteel het omdat niemand na haar kookprogram wou kyk nie?
Kaartjies kos R30.
Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|