EK wil graag kommentaar lewer op die berig: Kleitrappery in modderbad, in die Paarl Post van 2 Oktober.
Die verslaggewer klink werklik asof hy trots was op sy sogenaamde Wynboere (Boland-span) se spel teen WP (op Saterdag 27 September).
Die wedstryd het presies opgesom hoekom Boland nooit een van ons land se topspanne sal wees nie. Ek verwys na top-spanne soos die Blou Bulle en die Sharks.
Indien ’n meer ervare IRB skeidsregter die wedstryd hanteer het, sou daar meer Boland spanlede langs die veld (sinbin) as op die veld gewees het.
Hulle dissipline was swak, hul spel negatief en afbrekend en in my opinie was dit glad nie ’n mooi wedstryd om te kyk nie.
Van wanneer af is ons trots daarop as ons span die man speel en nie die bal nie? Sies Boland... ek skaam my!
Paarliet (nou gewese Boland-ondersteuner)