Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sinode se besluit oor gays stel teleur

Sinode se besluit oor gays stel teleur
 
2008-10-09


DIT is met groot hartseer dat ek die afgelope naweek kennis moes neem van die verskeie gebeure by die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika se algemene sinode sitting.

Die gebeure by die VGK se sinode sitting is hartseer, omdat die VGK indirek sê daar is nie gay mense in die VGK nie en gays is nie welkom nie.

Dit het by my as ’n VGK lidmaat wat aktief betrokke is in die kerkvrae laat ontstaan.

Die VGK is nie gereed vir eenwording met die NGK nie (en mens moet by sê die probleem lê by ons), want ons wil ons eie VGK lidmate nie aanvaar nie, hoe dan nog lidmate van die NGK?

Ons as VGK moet ook eerlik sê, ons stry te veel oor dinge soos gays, dwelms, tienerswangerskap, en sê dit is buite die kerk, terwyl dit tussen ons is.

My bybel sê, en ek het dit in die sondagskool, kinderbond, CYM en katkisasie geleer: moenie oordeel nie en God is lief vir almal.

Verder sê Jesus “laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie...”

Ons is almal God se kinders en in sekere gevalle is daar homoseksuele mense watseker ’n beter verhouding met God het as van die sinodegangers.

Earl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za