Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Matriekafskeid was soos 'n motorfietssaamtrek

Matriekafskeid was soos 'n motorfietssaamtrek
 
2008-10-09


MET ’n geknal en revolusies wat menige teen die akkerbome wou uitdryf, is verlede Woensdagaand by die Paarlse Stadsaal matriekafskeid gehou. Dat ’n historiese baken so moes ly onder sulke lawaai, was seker nog die ergste.

Om te dink, ’n week voor dit, met die Cultivaria-fees, was geen inwoner rondom die saal eens bewus dat daar so ’n groot toestroming was nie.

Verlede Woensdagaand was dit motorfietse en nogmaals motorfietse se revolusies wat elke inwoner (JA daar bly mense langs en rondom die Paarlse Stadsaal in huise en woonstelle) se hele aand kom omkrap het.

Dit het geklink of die brandstof opraak en toe kom hul maar net weer 20:20 en begin van voor af die lug besoedel met rookdampe. Kinders is wakker geraas, honde wou van hul kop afgaan.

Die ergste is dat daar met die plaaslike Verkeersafdeling reëlings getref is, soos met elke matriekafskeid, om die verkeer te reguleer.

Dat sulke lawaai en so in die openbaar, onder hul toesig en aandag kon gebeur?Juanita LoubserAnthony Sauls, munisipale woordvoerder, reageer: Voorkomende meganismes sal vir die toekoms ingestel word. Geen motorfietse sal in die lyne toegelaat word behalwe waar ’n matrikulant betrokke is nie. Wetstoepassingsbeamptes sal voor die saal bly.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za