Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunskalender

Kunskalender
 
2008-10-09


MUSIEK. Die sanger Arno Jordaan tree op by Laerskool Noord-Eind op Donderdag 16 Oktober om 19:00 ten bate van Boland ringbal/korfbal. Kaartjies is beskikbaar teen R80 en indien jy ’n VIP sitplek (eerste vier rye) in die saal wil bespreek, sal dit R100 wees. Vir besprekings of navrae, skakel Sylvia by 082-5131-464 of 021-864-1312. Verversings sal te koop aangebied word. ’n T-hemp van Arno sal uitgeloot word, so bring ’n ekstra R10 vir ’n kans om sy hemp te wen.

* KAMERKONSERT. ’n Kultuurtoergroep van Hoërskool La Rochelle besoek Oos-Europa volgende jaar en as fondsinsameling vind daar ’n Kultuuraand plaas op 23 Oktober om 19:00 by die skool. Kaartjies is R30 en by die skool beskikbaar.

* SANG. Die sanger Steve Hofmeyr tree op 23 Oktober om 20:00 op in die Stellenbosse stadsaal. Die konsert is gereël om fondse in te samel vir die kinders met kanker by Tygerberg Hospitaal (saal G3). Kaartjies kos R140 (R50 op die galery). Skakel Gerty Munro vir kaartjies by 021-876-3012.

* TUIN BESOEK. Op Saterdag 25 Oktober en Sondag 26 Oktober sal die pragtuin van Tokara op die kruin van die Helshoogtepas van 09:00 tot 17:00 oop wees vir die publiek. Toegang is R30. Daar sal verversings te koop wees, maar die publiek is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring. Die tuin word oopgestel ten bate van Stellenbosch Animals in Need Trust (SAINT).

* LIVE BAND. Local singer Loren Erasmus will perform with a live band at Hot Berry Café in Paarl on 1 November at 20:00. Entry is R50. For enquiries, phone 072-760-6389 or 083-414-7530.

* TAALMONUMENT. Die Taalmonument op Paarlberg sal gedurende die somerseisoen, tot 30 April, daagliks vanaf 08:00 tot 20:00 oop wees vir besoekers. Die nuwe restaurant by die Taalmonument, Uit die Bloute, sal egter slegs tot 20:00 oop wees. Skakel 021-872­-3441. Vir besprekings by restaurant, skakel 021-­863-2800.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za