Oudstudente byeen
2005-07-21
DIE oudstudente van Paulus Joubert Sekondêr hou Saterdag 'n funksie by die Paarl Krieketklubhuis.
Verrigtinge begin reeds die middag om 14:30 en die aand word afgesluit met 'n karaoke met een van die land se top DJ's.
Sprekers sal van die oudstudente wees wat naam gemaak het. Helde van gister, soos Ruben, Poenie en oom Zoi, het beloof dat hulle daar sal wees.
Die span van die derby teen NP sal ook aangekondig word.
Die tweede toets tussen SA en Australië sal op die skerm vertoon word.
Navrae by oom Chai by 082-202-3263 of csolomons@uwc.ac.za.
More
News
|