Man vas oor brandblussers
2008-10-09
LESERS van Paarl Post is nie slegs tot die Drakenstein beperk nie. ’n Man wat verbind word daarmee dat hy brandblussers by besighede steel, het sy rieme styfgeloop, juis deur ’n leser van Paarl Post in Gansbaai. Vroeër vanjaar is besighede in Wellington gewaarsku teen ’n man wat hom voordoen as ’n brandblusser-deskundige. Die man het na bewering by besighede aangeklop en blussers ondersoek en laat herstel, maar het nooit weer sy verskyning gemaak nie. ’n Sakeman van Gansbaai het onlangs byna dieselfde ondervinding gehad, maar die waarskuwingsklokkies het begin lui, weens die berig wat hy in Paarl Post gelees het. Benjamin Uys is van diefstal aangekla. * A man has been arrested in connection with stealing fire extinguishers.
More
News
|