Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raad maak 'vrede'

Raad maak 'vrede'
 
2008-10-09


DIE samestelling van die prestasie-evaluering van die munisipale bestuurder van Drakenstein Munisipaliteit, dr Sidima Kabanyane, is verlede week in die raadsvergadering goedgekeur, nadat die vorige raadsvergadering weens onenigheid oor hierdie saak in chaos geëindig het.

By verlede week se raadsvergadering was 30 ANC raadslede teenwoordig, en met hul meerderheid is die oorspronklike mosie oor die samestelling van die prestasie-beoordelingskomitee goedgekeur.

Verlede maand het die ANC uitgestap toe dit blyk dat die opposisie-verteenwoor-

digers se getalle hulle s’n oortref.

Na nog ’n woordewisseling tussen die partye is daar hierdie week gestem en die oorspronklike aanbeveling is aanvaar.

Kabanyane se prestasie sal beoordeel word deur die burgemeester, asook die voorsitter van die prestasie-ou­ditkomitee (Marika Krieg), ’n lid van die burgemeesters- komi­tee (Abe Bekeer), Mbekweni wykskomiteelid Neliswa Sam­bokwe en die burgemeester of munisipale bestuurder van ’n naburige munisipaliteit sal wees (’n munisipaliteit binne die Kaapse Wynland Distrikmunisipaliteit).

In die vorige raadsvergadering het die DA volgehou dat die buitelid van die evalueringskomitee, wat ’n burgemeester of munisipale bestuurder van ’n buurdorp moet wees, van Swartland munisipaliteit (’n DAbeheerde munisipaliteit) moet kom.

Hulle het ook geëis dat verteenwoordigers van twee opposisiepartye in die komitee moet dien.

Hierdie amendement was vir die ANC onaanvaarbaar, maar hulle was in ’n hoek gedryf weens die afwesigheid van verskeie raadslede, wat beteken het dat die DA se mosie met stemming deur die opposiepartye goedgekeur kon word.

Die ANC het vir ’n reses gevra, en nooit weer teruggekeer na die vergadering nie.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za