Vier soek na roof
2008-10-09
DIE Paarl polisie is steeds op soek na vier verdagtes, na ’n gefnuikte gewapende roof en poging tot moord in Ben Bernhardi-landgoed, Suider-Paarl.
Die verdagtes het op 26 Junie ’n werker van Cape Pine Woods geskiet en beseer, voordat hulle koperkabels uit ’n garage op die perseel probeer steel het. Hulle is hiér verjaag deur ’n vrou wat op die perseel woon, en het daarna toegang tot die bestuurder se kantoor probeer verkry. Twee skote is afgeskiet, waarvan een nouliks die bestuurder gemis het. Die mans het toe met leë hande ontsnap. ’n Identikit is deur ’n polisiekunstenaar saamgestel van een van die verdagtes. Enigiemand met inligting in verband met die voorval kan vir sers Jerome Steenkamp skakel by 021-807-4000, of 073-160-8776
More
News
|