Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Familie met vuurwapens aangehou

Familie met vuurwapens aangehou
 
2008-10-09


’n BEKENDE Paarlse sakeman en sy gesin het die afgelope naweek angswekkende oomblikke beleef, toe hulle deur ’n groep gewapende mans aangehou is.

Wazier Gaffoor, eienaar van die Centre Point Superette in Klein Drakensteinweg, se dogter is Saterdagaand oënskynlik by die familiewoning in Charleston Hill ingewag, nadat sy die familiebesigheid gesluit het.

Toe die huis se deur vir haar oopgesluit is, het drie gewapende mans hul pad die huis ingedwing.

Gaffoor, sy vrou en nog ’n dogter wat tuis was, is ook gedreig met vuurwapens en beveel om hul waardevolle besittings te oorhandig.

Nog ’n dogter wat in haar slaapkamer was, het onder ’n bed geskuil toe sy die rumoer hoor. Sy het ’n noodoproep na die polisie gemaak.

Voordat die mans gevlug het, is ’n skoot in die rigting van Gaffoor se vrou geskiet.

Hulle het die pad gevat met selfone, beursies, ’n skootrekenaar en die onderneming se sleutels.

Die polisie was wel kort op hul hakke, en hul spoor is gevolg tot die spoorlyn in Daljosafat, maar hier het dit doodgeloop. Drie selfone en ’n bondel sleutels is wel langs die pad teruggevind.

Gaffoor het gesê dat dit ’n geweldige traumatiese voorval was.

“Ek is net bly dat geen lid van my familie beseer is tydens die aanval nie. Ons is wel almal besig om berading te ontvang.”

Enigiemand met inligting in verband met die voorval, kan vir insp Cliffie Walters skakel by 083-475-6700.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za