Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vleisfees van Williston hier

Vleisfees van Williston hier
 
2008-10-09


DIE Paarl spog dié naweek met twee kerkfeeste - een by die Duitse Kerk in Meulstraat, en een by die Strooidakkerksaal in Klein Reservoirstraat, waar die Willistonners Paarliete sal trakteer met allerlei lekkernye uit die Karoo.

Vrydag skop die jaarlikse Strooidak-Williston Fees by die Strooidakkerksaal af, en oudergewoonte beloof dit om groot pret en plesier vir die hele gesin te wees.

Dit is die vyfde fees van sy soort, waar hierdie twee gemeentes hande vat om vir die Paarl ’n behoorlike Karoofees aan te bied.

Tuisgemaakte boerewors, sosaties en biltong is maar net ’n paar van die heerlikhede wat volop beskikbaar sal wees by die fees, asook net die beste heel lammers sal te koop wees. En moenie vergeet van afval en skaapkop nie, vir die ware vleisliefhebbers.

Vrydag kan bejaardes van Rusoord en Huis Vergenoegd gratis tee, koffie en verversings geniet voordat die stormloop begin.

Vrydagaand tree die bekende Paarlse musiekman Bram Potgieter en sy orkes tussen 18:00 en 22:00 op, om die fees in volle gang te sit.

Saterdagoggend vroeg kan daar aangesit word vir die gewilde plaasontbyt.

Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 021-872-4396.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za