Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wynlandgoed sluit aan by motorfietsreis van hoop

Wynlandgoed sluit aan by motorfietsreis van hoop
 
2008-10-09


TWAALF vroue wat borskanker oorleef het, insluitende die bekende Janie du Plessis, trek op 10 Oktober op motorfietse uit Gauteng weg op die Temptations Journey of Hope 2008 Borskankerrit, ’n tog van 2000km, om mense bewus te maak van borskanker. Die rit, wat agt dae gaan neem, word op 18 Oktober afgesluit met ’n Galadinee by die Nelsonwynlandgoed in die Paarl.

Motorfietsryers van die Wes-Kaap word uitgenooi om hulle aan te sluit by hierdie dapper dames op hulle ysterperde.

“Die fokus is op Harley-Davidson en BMW motorfietse, maar motorfietsentoesiaste met ander grootfietse is ook baie welkom om by ons aan te sluit mits hulle net bereid is om op ’n gepaste manier met ons dames saam te ry,” sê Frieda Henning wat een van die deelnemers is en wat die Reis van Hoop koördineerder is. Dié wat wil saamry, ontmoet mekaar om 08:00 op Saterdagoggend 18 Oktober by die Nelsonwynlandgoed in Agter-Paarl vir registrasie en ontbyt en ry dan saam via Wellington, Bainskloof, en Slanghoek tot in Worcester waar hulle die Reis van Hoop dames sal ontmoet. Daarvandaan vertrek al die deelnemers na die Waterfront waar ’n besonderse plegtigheid gereël word.

Daarna vertrek die groep terug na die Nelsonwynlandgoed vir die Galadinee wat deur motorfietsryers en ander belangstellendes bygewoon kan word.

Die Galadinee, wat op Saterdag 18 Oktober om 19:30 begin, gaan ’n glansgeleentheid wees ten bate van borskanker. Die sanggroep, Romanz, wat die musiek gaan verskaf, het ’n pragtige, nuwe lied opgeneem oor die dames se reis van hoop. Tydens hierdie spoggeleentheid gaan Lisha Nelson, een van die Paarl se opkomende nuwe vrouewynmakers, ook haar nuwe wynreeks bekend stel.

Lisha het tydens die SA Jongwynskou hierdie jaar die gehoor laat regop sit toe haar Cabernet Frank, nie net as die Kampioen in sy klas in Suid-Afrika aangewys was nie, maar daarbenewens ook die trofee verwerf het as die Beste Ander Rooiwynkultivarwyn in Suid-Afrika. Lisha se wyne het ook die Nelsonwynlandgoed laat wegstap met die prys vir die ‘Beste Wynlandgoed en Privaat Produsent Onder 2000 Ton in die Boland-streek’.

Verlede maand ontvang Lisha se Sauvignon Blanc ook ’n Goue Medalje by die Michaelangelo Internasionale Wynkompetisie waar haar Rosé weereens goed presteer het.

Die bekende spysenier Pauline Schreuder gaan by die Galadinee saam met Lisha ’n agt-gangmaaltyd aanbied waartydens Lisha en die Nelsonlandgoed se wyne met spesifieke kossoorte in kombinasie met mekaar aangebied sal word.

So sal die Nelson Wynlandgoed se Sauvignon Blanc met oesters bedien word. Hierdie wyn is vroeër vanjaar in Goes, Holland tydens Nederland se grootste voedsel- en wynfees aangewys as die beste witwyn in kombinasie met oesters ter wêreld.

Skakel Belinda 021-869-8453. Kaartjies vir die ontbyt kos R50 en vir die dinee R150 per persoon, ten bate van borsherbouing




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za