Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport Dagboek

Sport Dagboek
 
2008-10-09


RUGBY

* Young Gardens se 60ste feesdans, en beker-uitdeling, vind op 17 Oktober plaas in die Annunciation kerksaal om 19:00. Kostes is R75 per persoon. Die dans sluit ’n driegang maaltyd in. Active Sounds sal die musiek verskaf. Kontak 082-380-2680.

* Paarlstreek se bekeruitdeling, in die vorm van ’n piekniek-dans, vind plaas op 25 Oktober (20:00), in die Gemeenskapsaal. Alle liga-bekers, uitklopbekers en sewe- aan-’n-kant bekers vir juniors en seniors gaan oorhandig word. Toegang is R20. Skakel 082-731-4879.

* Paarl Rugby- en Sportklub se algemene jaarvergadering vind vanaand plaas om 18:00 by die klubhuis in Markstraat.

* Die Algemene Jaarvergadering van die Paarl Rugbykode word gehou op Woensdag 15 Oktober om 18:30 in die Huguenot Gemeenskapsaal. Kontak 082-731-4879.

* WPRFU bied ’n skeidsregterkursus aan op Maandagaande (13 Oktober tot 3 November) te Allandale. Opleiding is gratis en suksesvolle persone sal geaffilieer wees by WPRFU skeidsregtersvereniging. Skakel 082-731-4879.

* Die Riverstones ondersteunersklub hou Sondag om 15:00 ’n vergadering by me. E Seconds se huis.

* Violets se jaarvergadering vind Maandag om 19:30 plaas in die Bethel saal.

KRIEKET

GMT Paarl-Oos se eerste span speel Saterdag weg teen die Worcester streekspan in ’n 20/20 wedstryd. Paarl-Oos II het ’n loslootjie terwyl Paarl-Oos III teen Paarl III op die Parys-velde te staan kom in ’n 20/20 wedstryd.

Paarl-Oos hou op 17 Oktober ’n disko by Charlie’s. Toegang is R15.

Die klub oefen Dinsdae en Donderdae om 17:00 by New Orleans.

FIETSRY

* Peco fietsryklub bied op Vrydag 15 November ’n baanbyeenkoms te Faurestraat- stadion. Fietsry van hoogstaande gehalte word verwag aangesien van die top fietsryers in die WP en Boland in aksie gaan wees.

Kontak Peter Daniels by 083-316-5907

* Die Neotel Yorkshire Liga vind plaas op 10, 17 en 25 Oktober by Faurestraat-stadion om 19:00. Wedrenne word aangebied vir alle afdelings. Daar sal ook ontwikkelingswedrenne wees vir skoliere . Toegang is gratis. Kontak 079-522-9824

* The Engen Dynamic Cycle Challenge takes place on Saturday at the Nelson’s Creek Wine Estate (07:00). Phone 072-086-8240.

RUNNING

THE Cape Odyssey started yesterday in the picturesque coastal town of Hermanus, and will finish on Sunday at the Boschendal Wine Estate in Groot Drakenstein.

HENGEL

Paarl Kushengelklub hou eerskomende Saterdag hul eerste ligakompetisie van die jaar by Waenhuiskrans.

TENNIS

Paarl Tennisklub se jaarvergadering vind op 27 Oktober plaas om 19:00, in die klubhis in Du Toitstraat. Kontak 021-872-3422.

HORCE RACING

The seventh annual interschools Dressage and Show jumping championships will be held at Evergreen Stables, in Paarl, on Saturday and Sunday.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za