Sake word uitgespook om plek in sone-finaal
2008-10-09
DIE Wellington Sone Rugby-unie se semi-finale vind Saterdag plaas te Newton. Die eerste wedstryd, tussen United Stones B en Evergreens B, vind plaas om 13:00, gevolg deur Sandrivier United B teen Young Warriors B om 14:15. Young Warriors A speel om 15:30 teen Young Superstars A, waarna United Stones A kragte gaan meet teen Evergreens A om 16:45. Die Wellington Unie vra dat klubs betyds by die veld sal opdaag om ongerief te vermy. * Die Wellington Sonerugbyspan het in die sone-kompetisie tot die finaal deurgedring, maar dié wedstryd met 5-7 verloor. Die span van Wellington het in die uitspeelronde eers gelykop gespeel teen die Koue Bokkeveld, waarna hulle vir Waveren in die tweede wedstryd geklop het. In die eindstryd het die Wellington-span vasgeval teen die Koue Bokkeveld.
More
News
|