EK het baie empatie met die meneer wat verneder is by die metaalverklikker by Checkers.
Ek en my vrou het voorverlede Sondag by dié Checkers gaan inkopies doen omdat ons gehoor het dat dit so ’n netjiese winkel is.
Toe ons met die klaarbetaalde inkopies by die metaalverklikker deurbeweeg, het dit afgegaan. Wat ’n konsternasie en vernedering het dit nie veroorsaak nie!
Ons moes smeek, soebat om die inkopies terug te kry.
Wat veronderstel was om ’n vreedsame uitstappie te wees, het in ’n groot verleentheid ontaard.
Self sit ek my voete nie weer in daardie winkel nie!
Ontevrede