Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak diens pla by plaaslike kliniek, hospitaal

Swak diens pla by plaaslike kliniek, hospitaal
 
2008-10-16


EK wil die swak gehalte diens wat ek van ’n sekere suster en dokter by Dalvale Kliniek te Groenheuwel vanaf die begin September vanjaar gekry het, onder lesers se aandag bring.

Die suster wat ek die Maandag oor albei my ore en regterknie gesien het, het vir my antibiotika en pynpille voorgeskryf.

Die Vrydag was ek weer by die kliniek en sy het aan my genoem dat my ore toe nog erger was. Sy het weer dieselfde pille en ander gegee. Die volgende Woensdag het ek die dokter gesien.

Die dokter het nie eens na my ore gekyk nie. Sy het vir my pille voorgeskryf en gesê ek moet die pille binne ’n week drink en dan sal die probleem opgelos wees.

Ek was ook twee keer by Paarl Hospitaal. Die dokter wat ek die tweede keer gesien het, het my ondersoek en ’n monster van my ore geneem en gesê dat sy dit na die laboratorium sal stuur en dat ek op 29 September weer by die hospitaal moet wees vir die uitslag.

Die dokter wat my daar gesien het, het my ondersoek en my gestuur vir x-strale vir my regterknie. Hy het net vir my twee pakkies pynpille voorgeskryf en my na kamer 9 gestuur.

Daar aangekom, het die sekretaresse die oorspesialis se kantoor geskakel sodat ek ’n datum kon kry om hom te sien. Sy het toe aan my genoem dat hy vir die hele maand vol bespreek is.

Sy het aan my ’n kaart gegee wanneer ek weer my pynpille by die apteek moet kry. My volgende afspraak is eers op 27 Oktober. Ek moet dan my lêer weer na haar toe bring sodat sy vir my ’n afspraak kan maak.

As gevolg van die Dalvale kliniek moet ek nou nog ’n maand met die probleem sit. Ek is slaaploos weens al die ongemak.Lesley David de Waal, Deborastraat Groenheuwel




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za