Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motoriste in Paarl is skrikwekkend

Motoriste in Paarl is skrikwekkend
 
2008-10-16


EK ry nie baie rond nie, laai ’n kind by die skool op en af en ry werk toe en terug, maar dit is skrikwekkend hoe motoriste in die Paarl ry.

Ek ry daagliks in ’n deel van Meulstraat met vier drierigtingst­opstrate en in ’n deel van Bo-Pleinstraat met twee drierigting-stopstrate. Ek kan op my een hand tel hoeveel motoriste in ’n week werklik stop by enige van hierdie stopstrate.

Ek was al amper ’n hele aantal male in ongelukke betrokke wanneer ek van ’n suidelike rigting in Alexanderstraat ry en stop om in Bo-Pleinstraat in te draai, omdat motoriste oor die drierigting-stopstraat in Bo­Pleinstraat jaag.

My vrou is ’n paar maande gelede 20:00 die aand by een van die drierigting-stopstrate in Bo­Pleinstraat beboet omdat sy nie haar voertuig by die stopstraat heeltemal tot stilstand gebring het nie - hoekom is daar nooit deur die dag verkeersbeamptes om die stopstrate te patrolleer wanneer ek daar ry nie?

’n Ander stopstraat op my roete wat ook meesal deur bestuurders geïgnoreer word, is die vierrigting-stopstraat waar Mertenstraat/Gerickestraat en Prinsstraat kruis.

Hier ry ook baie gereeld ’n munisipale bakkie van die elektrisiteitsafdeling oor die stopstraat sonder om eens ’n poging aan te wend om stadiger te ry nie.

Adri Beukes




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za