Verskeie kunstenaars by dié konsert
2008-10-16
’n MUSIEKKONSERT met verskeie kunstenaars word Woensdag 5 November om 19:30 in die Goodnow-saal op Wellington aangebied. Die kunstenaars wat gaan optree, is sangers Lize-lotte Costandius en Nicodémus Olivier, begelei deur Louis Verwey, asook die Duitse Mannekoor en die Herfsvreugde- koor. Die klavierstudente wat in die voorprogram optree, is Joané, Melissa en Christie. Kaartjies (R70) sal by die deur te koop wees. Verversings word ná die konsert verkoop. Vir meer inligting, skakel Lize-lotte by 021-873-1272.
More
News
|