Vroue herlaai hier
2008-10-16
ALLE uitgeputte, oorwerkte en selfs papgeklapte hartsvroue word genooi om propvol Eva-energie te raak by ’n Mamma Mia-paartie by die Barnyard-teater by die Willowbridge-sentrum (onderkant Tygervallei-sentrum) op Saterdag 1 November vanaf 09:00 tot 13:00. Pretprater Elsabé Aldrich van die Paarl is daar in haar Abba-glorie vol wenwenke oor vroue-energie plus inspirerende uitskietvroue Ingrid Wolfaardt en Dine van Zyl, ’n kenner oor lagjoga en ander verrassings. Gaskunstenaars is die skreeusnaakse Marion Holm en sangsensasie Nadia Louw, met heerlike kos deur Marianne Loots. Daar is ’n kontantprys vir die beste Mamma Mia items. Die koste is R250 per persoon ten bate van die ACVV, Franschhoek. Besprekings en navrae by 021-863-2406 of 083-302-5612. .
More
News
|