Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rubberbote vaar op rivier vir Kansa

Rubberbote vaar op rivier vir Kansa
 
2005-07-21


DIE veertiende agtereenvolgende Bergrivier-rubberbootvaart word hierdie jaar vanaf 27-31 Julie aangebied ten bate van Kansa. Die doel van die projek is om langs die roete van die Bergrivier geld vir die Kankervereniging in te samel.

In die tydperk wat die projek aangebied word, is meer as R750 000 op dié manier ingesamel en die mikpunt dié jaar is op R120 000 gestel.

Woensdag spring 19 vrywilligers met ses rubberbote by die Markstraatbrug in die Paarl weg om oor vier dae en 230km geld vir Kansa in te samel.

Herman Bailey, burgemeester van Drakenstein, sal die spanne om 10:00 by die Markstraatbrug afsit na afloop van ‘n kransleggingseremonie.

Kaptein Ettienne Marais, Captain Crime Stop van die SAPD, sal langs die roete geskenkpakkies by plaasskole langs die Bergrivier uitdeel.

Die organisasie Reik na ‘n Droom, sal soos verlede jaar ‘n jong kankerpasiënt stuur om die eerste dag se skof van 45 km van die Paarl tot by Zonquasdrift naby Gouda op ‘n rubberboot te ry.

Kontak Attie Laubscher by 083-427-2488 vir verdere inligting.

* A rubber boat trip down the Berg River, in aid of Cansa, will start in Paarl on Wednesday.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za