Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsuitstalling vir liefdadigheid

Kunsuitstalling vir liefdadigheid
 
2008-10-16


JOZLYN KITCHING is ’n jong student van Wellington wat sedert 2006 as hulpwerker by Bowy- huis, die versorgingsinrigting vir Vigs- en ander wesies in die Paarl, betrokke is.

In dié tyd het sy begin om portretstudies van die kinders met wie sy werk, te maak.

Altesaam tien van hierdie prag-portrette gaan vanaf 23 Oktober in ’n uitstalling by Die Steeg-kuns- galery op Wellington te sien wees.

Vrouens van Mbekweni en omstreke wat opgelei is om kralewerk te doen, se produkte sal ook by die uitstalling te sien wees.

Jozlyn sê dat sy die uitstalling, wat deur die kunstenaar Riaan van Breda geopen sal word, opdra aan die nagedagtenis van Liyema, een van die wesies met wie sy gewerk het en wat vroëer vanjaar oorlede is.

Een van haar portrette sal tydens die openingsaand spesiaal opgeveil word om fondse in te samel vir Bowy-huis.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za