Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aftree-woonstelkompleks in Kerkstraat beoog

Aftree-woonstelkompleks in Kerkstraat beoog
 
2008-10-16


DIE groeiende behoefte aan behuising vir afgetredenes op Wellington gaan aangespreek word met ’n nuwe ontwikkeling in Kerk­straat. Na aanleiding van navorsing deur die firma Group 3 Properties is daar besluit om die La Rive Retirement Village met 53 woonsteleenhede aan te pak.

Dit sal ’n reeks fasiliteite en dienste aanbied wat spesifiek gerig is op bejaarde mense. Dit sluit ’n restaurant, dokters, ’n siekeboeg, 24 uur verplegingsdienste, ’n hyser, ’n rolstoelvriendelike omge- wing, skoonmaakdienste, sekuriteit, en vervoer in, met winkels wat binne loopafstand is.

Die ontwikkeling is in Victoriaanse styl ontwerp deur Adrian Weyer van Van der Wolf Argitekte en sal aan die suidekant van Kerkstraat geleë wees (waar Hi Q tans is).

La Rive sal bestaan uit ’n mengsel van vrygeselwoonstelle en een- en tweeslaapkamerwoonstelle. Dit sal drie vloere inneem bokant die grondvloer, waar die kommersiële aktiwiteite sal wees. Ondergrondse parkering sal beskikbaar wees vir die inwoners.

Die huurders van die sewe grondvloerwinkels sal gekies word met die behoeftes van die ouer geslag in gedagte. “Ons kyk na huurders of investeerders wat waarde kan toevoeg deur dienste soos ’n haarsalon, wasserye en selfs ’n klein apteek,” sê Chris Tapsell van Group 3 Properties. Die winkels se vloeroppervlakte sal wissel tussen 41 m² tot 50m².

Die restaurant geleë op die grondvloer, sal in twee gedeel wees, met een onthaal-area vir die inwoners en een vir die publiek met ’n sentrale kombuis wat drie maaltye per dag sal bedien.

“Alhoewel elke wooneenheid sy afsonderlike kombuis het, mag baie inwoners dit dalk eerder verkies om in die restaurant te eet.“

Daar sal ontspanningsaal en ’n aantreklike binnehof met plante, tafels en stoele waar die inwoners saam met hulle vriende kan kuier

Op die grondvloer sal fasiliteite soos dokterspreekkkamers, verpleegsentrums en ’n siekeboeg wees met ’n voltydse suster aan diens.

Volgens Weyer, wat ook die Tyger Waterfront ontwerp het - wat gebou is deur Group 3 Properties - sal die residensiële afdeling ook vyf tweeslaapkamereenhede insluit

Daar sal ook 14 vrygeselwoonstelle wees met die gemiddelde vloeroppervlak van 32m² elk en die oorblywende woonstelle sal eenslaapkamereenhede wees van 41m² elk.

Al die woonstelle het groot skuifvensters, meestal met ’n uitsig op die berge. Omtrent 50% van die woonstelle sal ook ’n uitsig hê op die riviertjie wat langs die ontwikkeling verbyloop.

Elke woonstel bied ’n yskas, stoof en wasbak. Daar word ook voorsiening gemaak vir ’n waterpunt vir die wasmasjien.

’n Vol badkamer met aparte stort en bad is in elke woonstel. Daar is handvatsels in die bad en nie-gly teëls om dit so gerieflik en veilig as moontlik te maak..

’n Afstandbeheerde skuifhek sal by die ingang van die ondergrondse parkering geïnstalleer word en daar sal te alle tye ’n veiligheidswag aan diens wees.

Die prys van die woonstelle wissel van R349 000 vir die vrygeseleenhede tot R999 000 vir die groter eenhede. Onderdakparkering kan ook gekoop word.

Daar sal 19 addisionele parkeerareas vir besoekers en winkeleienaars op grondvloer wees.

Volgens Tapsell sal die eenhede beskikbaar wees vir koop-verhuurbeleggers asook vir mense wat hulle eie aftree-eenheid wil besit.

Vir navrae, skakel Chris Louwrens by Group 3 Properties by 021-910-3562 of 083­287-5627 of vir Chris Tapsel by 083-641- 9088.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za