Wynberg klop Gim
2008-10-16
DIE Hoërskool Gimnasium het Saterdag kragte gemeet met die manne van Wynberg. Tydens die eerste span se krieketwedstryd het Wynberg eerste gekolf en ’n skaflike 215 lopies, vir die verlies van 8 paaltjies, in 50 boulbeurte behaal. Gimnasium het hard probeer terugveg, maar moes tevrede wees met ’n totaal van 185, om met 36 lopies die knie te buig. Gimnasium se Stefan Kotze was met 43 lopies sy span se beste kolwer. Hy is goed bygestaan deur Danie van Zyl met 36 lopies. Die o.19 B’s het hul wedstryd met twee paaltjies gewen. Gimnasium se o.15A-span se 177 lopies was nie goed genoeg om Wynberg se 387 lopies baas te raak nie. Gim se o.15 B’s het ook vasgeval. Gim se o.14A-span het met 138 lopies naby aan ’n oorwinning gekom, maar moes op die ou einde die veld verlaat met ’n vier lopie nederlaag.
More
News
|