Kruidjie roer my word bekend gestel
2008-10-16
DIE skrywer, Antoinette Pienaar van die Beaufort-Wes omgewing, is môre om 20:00 by die Breytenbach-sentrum se nuwe teater, Die Bôrdienghuis, op Wellington te sien. Sy stel haar nuwe boek, Kruidjie roer my, saam met haar Griekwaleermeester, oom Johannes Willemse, by die Breytenbach-sentrum bekend. Dit het ’n boek geword wat oor ’n gesonde lewenswyse en ’n algemene positiewe uitkyk op die lewe, deurgaans met kleurfoto’s geïllustreer en met deeglike indekse vir maklike naslaan. Skakel 021-873-2786, of stuur ’n e-pos na theokemp@breytenbachsentrum.co.za.
More
News
|