Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HJS val vas teen Sacs

HJS val vas teen Sacs
 
2008-10-16


DIE Hoër Jongenskool se o.19A krieketspan het Saterdag met 116 lopies vasgeval teen die tradisionele sterk krieketspan van Sacs.

Met die manne van die Kaap wat ’n stewige 225 lopies kon aanteken, kon HJS slegs antwoord met 109 lopies.

HJS se o.19B-span kon slegs 171/9 aanteken tydens hul wedstryd, nadat Sacs se tweedes 214 lopies behaal het. M Kostens (36), R van Schalkwyk (36) en H Boje (35) het hard geveg om hul span in die prentjie te hou. P Cronjé (3/52) was Boishaai se beste bouler.

HJS se o.15A’s het die louere gedeel tydens hul kragmeting, terwyl die o.15 B’s met 14 lopies gewen het.

HJS se o.14 A’s het met 7 paaltjies geseëvier, terwyl die o.14 B’s hul opponente met 76 lopies afgestof het.

Op Vrydag 10 Oktober het Boishaai se o.14A’s met 2 paaltjies verloor teen Clifton College, met die o.15A’s wat met 46 lopies gewen het teen Clifton College.

Verlede Woensdag het HJS se o.15A’s met 5 paaltjies verloor teen Waterkloof.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za